DA sê gesondheid verloor miljoene weens korrupsie

ʼn Woordvoerder van die DA, Michéle Clarke, sê provinsiale Gesondheidsdepartemente het sedert Januarie 2020 meer as 121 miljoen Suid-Afrikaanse rand weens korrupsie verloor. Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het bekendgemaak Mpumalanga is heel bo-aan die lys met meer as 58 miljoen rand wat gesteel is, gevolg deur Noordwes met meer as 27 miljoen rand, en die Vrystaat met meer as 24 miljoen rand. Volgens Clark is die DA besorg dat syfers oor korrupsie nie volledig gerapporteer word nie: