Bokke kom in Dublin aan, Nienaber sê die reeks is goeie voorbereiding

Die Springbokke is in Dublin vir ʼn moeilike November-toer wat afskop met eerskomende Saterdag se wedstryd teen Ierland. Dit word gevolg deur Frankryk in Marseilles, Italië in Genua en Engeland in Londen – almal op opeenvolgende naweke. Die Springbokke begin hulle toer teen die top twee lande op die ranglys van Wêreldrugby en die afrigter, Jacques Nienaber, glo dit is uitstekende voorbereiding vir aanstaande jaar se Wêreldbeker in Frankryk: