Swapo-kinders: Ombud sê daar is niks nuuts aan sy voorstelle nie

Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha sê daar is niks nuuts aan wat hy voorgestel het oor die wysigings aan die Veteranewet en die sogenaamde kinders van die vryheidstryd nie. Sy voorganger John Walters het suksesvol in die hof betoog dat die kinders geen voorkeur mag kry by indiensneming by die staat nie. Dyakugha sê hy bou eenvoudig voort op die werk van Walters en sê die kwessie is nie daar gelaat nie.

Hy sê Walters het drie voorstelle gemaak wat hy nou voort sit.