DA sê Gauteng het roekeloos tydens pandemie bestee

Die DA sê Gauteng se aansuiweringsbegroting vir die middel van die jaar sal die verhaal vertel van verlore kanse, gebrek aan verantwoordbare leierskap en swak prestasie wat ‘n ernstige impak op dienslewering in die provinsie gehad het. Die LUR vir Finansies, Jacob Mamabolo, maak vandag die provinsie se aansuiweringsbegroting vir die 2022/2023-boekjaar in die wetgewer bekend. Die DA-woordvoerder, Adriana Randall, sê die vernietigende uitwerking van die Covid-19-pandemie is vererger deur roekelose en onverantwoordelike bestuur: