DA sê EFF-leier se monitering van buitelanders is xenofobies

Die DA sê die EFF-leier Julius Malema se beplande besoek aan ‘n aantal restaurante in Mall of Africa in Gauteng om die indiensnemingsverhouding tussen Suid-Afrikaners en buitelanders te monitor, is meer as ‘n desperate oefening in xenofobie. Die DA-lid Michael Cardo sê dit is net nog ‘n vertoning in die EFF se voortdurende veldtog om sy gewig in werkplekke rond te gooi, al het hy geen wettige status of reg om dit te doen nie.