Tour de Windhoek vind in Februarie plaas

Die Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek is vandag in die hoofstad bekendgestel. Die padfietsresies sal vanaf 17 tot 20 Februarie in en rondom die hoofstad plaasvind. Fietsryers kan individueel of in spanne deelneem en groot pryse is op die spel.