Kaapstadse burgemeester vra opheffing van 50% bywoning van buitelug-geriewe

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hy het President Cyril Ramaphosa gevra om die reël van 50 persent bywoning vir buitelug-geriewe soos openbare swembaddens heeltemal op te hef. Hy wil ook hê dat toeskouers weer by groot sportbyeenkomste toegelaat word. Hill-Lewis sê die somer is op volle dreef en dis bewys die jongste Covid-variant, Omikron, het nie so ‘n groot uitwerking soos die Delta-variant nie. Hy sê die regering kan daarom voorkeur gee aan die hervatting van openbare vermaak en sportbyeenkomste om die ekonomie ‘n hupstoot te gee.