DA sê 26 uit 34 Gauteng-hospitale het nie genoeg kos nie

Die DA in Gauteng sê pasiënte by 26 van sy 34 hospitale het sedert die begin van die jaar voedseltekorte ondervind. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het die inligting bekendgemaak in ‘n skriftelike antwoord op vrae in die Wetgewer. Die DA-lid Jack Bloom sê die tekorte het grootliks ontstaan omdat verskaffers nie betaal is nie, kontrakte verval het of maatskappye nie die bestellings afgelewer het nie. Bloom sê dit was so erg dat twee hospitale – Bronkhorstspruit en Lenasia-Suid – kos by ander hospitale moes leen: