Tekort van N$2,2 miljard by Padfonds-administrasie

Die Padfonds-administrasie sê hy verwag ‘n tekort van sowat 2,2 miljard Namibiese dollar aan inkomste vir die boekjaar wat op 31 Maart 2023 geëindig het. Hy sê invorderings word op 2,3 miljard dollar beraam uit 4,5 miljard dollar wat begroot is om verbeterde toewysing aan goedgekeurde owerhede te verseker. Die administrasie benodig ongeveer 4,3 miljard dollar om sy projekte te finansier en het die implementering van tolhekke voorgestel as ‘n manier om sy inkomste ‘n hupstoot te gee. Die fonds het die koms van elektriese voertuie betreur en voer aan dat hy inkomste verloor weens ‘n besnoeiing in brandstof verbruik. Die heffing vir die administrasie is onlangs met 30 sent tot 1 dollar 78 sent verhoog.