DA: Noordwes-premier moet uit sy kokon tree

Die DA in Noordwes sê hy wil graag sien hoe die premier, Busy Maape, uiteindelik uit die kokon tree waarin hy sedert September verlede jaar skuil, en daag hom uit om môre ‘n werklike provinsiale rede te lewer. Hy het kort na sy verkiesing bekend gemaak werkskepping is sy hoofdoel. Die DA-lid Freddy Sonakele sê vyf maande later staan die werkloosheidsyfer in Noordwes op 35,7 persent.