Groen Staatskoerant is buite werking

Die DA sê hy gaan eis dat die regering die webtuiste van die Staatskoerant onmiddellik herstel. ‘n Parlementslid, Angel Khanyile, sê die webtuiste van die regering se drukkery is geruime tyd nie in werking nie. Dit stel óf nie die koerante aanlyn beskikbaar nie, óf daar is geen toegang tot die webtuiste nie. Khanyile sê die Groen Staatskoerant is op 28 Januarie laas bygewerk.