DA mor oor onregmatige gesondheidsbesteding van R1,3 miljard 

Die DA sê die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het klem geplaas op die departement van gesondheid se onregmatige besteding van 1,3 miljard Suid-Afrikaanse rand in die afgelope boekjaar. Dit is ‘n toename van 42 persent vergeleke met die vorige jaar. Volgens die departement se jaarverslag was die totale uitgawe vir werknemer-vergoeding in 2021/22, 848 miljoen rand. Michele Clarke van die DA sê verreweg die meeste van die vermorste geld is weens ‘n verskeidenheid kwessies wat verband hou met verkrygings-prosesse, voorraadketting-bestuursvoorskrifte en beheer oor die monitor van kontrakte.