Vermeende brandstofsmous verskyn in Ondangwa-hof

‘n Vermeende brandstofsmous verskyn vandag in die Ondangwa-landdroshof. Dit volg nadat die  polisie by Onayena die 23-jarige verdagte in hegtenis geneem het. Hy is in besit van 70 houers van 25 liter onwettige brandstof gevind. Hy is by Ondando-nederstetting by Oniipa in hegtenis geneem tydens ‘n polisie-soektog. Die gekonfiskeerde petrol word op meer as 30 000 Namibiese dollar beraam. Brandstof-smokkelary vanaf Angola na Namibië is ‘n groot kopseer vir Namibiese vulstasie-eienaars in die Noorde.