Bok-staatmaker kom huis toe vir twee VRK-wedstryde

Rugby: Die Springbok-staatmaker Duane Vermeulen kom huis toe vir twee van sy Ierse span Ulster se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde in Suid-Afrika. Hulle speel Saterdag op Ellispark in Johannesburg teen die Leeus en volgende naweek teen die Haaie op Kingspark in Durban. ‘n Groep van 24 spelers het na Suid-Afrika vertrek, waar nog tien spanmaats wat Ontluikende Ierland verteenwoordig het, by hulle sal aansluit. Ontluikende Ierland het pas al drie hulle toerwedstryde in die land gewen.