DA-leier: Parlement is meer as net bakstene en sement

As die brand in die parlement wel ‘n aanslag was op die demokrasie in Suid-Afrika, is dit juis nou die tyd om die demokrasie te versterk. Dit is die mening van DA-leier, John Steenhuisen, wat by die beskadigde parlementsgeboue gepraat het. Hy sê die parlement is meer as net bakstene en sement en die instelling het ‘n onversetlike toesigfunksie. Steenhuisen sê dié beginsel is belangriker as ooit, omdat die parlement nou die Zondo-kommissie se verslag moet hanteer.