Pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr gesluit weens vloede

Die DR212-pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr is tans gesluit weens die Oranjerivier wat in vloed is. Volgens die Paaie-owerheid is die pad tot verdere kennisgewing gesluit. Die owerheid sê die watervlakke by veral die Visrivierbrug het sy maksimum hoogte bereik. Die publiek moet van die Keetmanshoop-Aus-Rosh Pinah-roete gebruik maak totdat die watervlakke gedaal het. Die Paaie-owerheid sal die situasie deurentyd monitor. Hileni Fillemon, woordvoerder van die owerheid, is aan die woord.