Brandbestryders by parlement bedank

Die toesighoudende amptenare by die parlement in Kaapstad het brandbestryders bedank vir hul harde werk tot laat verlede nag toe die brand by die parlement weer opgevlam het. ‘n Woordvoerder, Moloto Mothapo, sê sowat 30 brandbestryders het in sterk wind gesukkel om die brand te blus. Die vierde en vyfde verdiepings van die nuwe vleuel, bo die Nasionale Vergadering, is heeltemal verwoes.