DA kla oor Rustenburg se gebarste waterpype

Die DA in Noordwes is bekommerd oor ‘n tekort aan hulpbronne wat die herstel van gebarste waterpype in die Rustenburg plaaslike munisipaliteit vertraag en inwoners vir dae aaneen sonder water laat. Die DA-lid, Cobus Nortje, sê dit is onaanvaarbaar dat inwoners voortdurend watertekorte ervaar terwyl duisende liter gesuiwerde water elke dag gemors word weens gebarste pype, foutiewe kleppe en gesteelde watermeters.