Beide Biden en Trump wil dalk weer staan in VSA verkiesing van 2024

Amerikaanse President Joe Biden sal in Januarie aandui of hy hom in 2024 herverkiesbaar sal stel. Twee-derdes van die kiesers wat aan die tussenverkiesing deelgeneem het, sê egter in ‘n peiling hulle nie hê Biden meot weer president word nie – 40 persent van hulle is Demokrate en 90 persent Republikeine. Oudpresident Donald Trump sal waarskynlik Dinsdag aankondig dat hy hom weer verkiesbaar sal stel. Die Republikeine het wydverspreide sukses in die tussenverkiesing verkry en gaan waarskynlik beheer oor die huis van verteenwoordigers kry. Die senaat kan egter deur óf die Demokrate óf die Republikeine beheer word. Tans het die Demokrate 48 senaatsetels teenoor die Republikeine se 49 met 197 setels in die huis teenoor die Republikeine se 211.