Windhoek Stadspolisiehoof gee veiligheidswenke vir feestyd

Soos ons die feesseisoen nader, sal Namibiërs en besoekers na verskillende bestemmings reis vir hul vakansie. Daarom het die Windhoek Stadspolisiehoof, Abraham Kanime, Windhoekers en Namibiërs in die algemeen gewaarsku en aangeraai om seker te maak dat hul voertuie padwaardig is en dat hulle by padveiligheidsreëls moet hou. Hy het ook eienaars van eiendom gemaan om altyd iemand na hul huise te laat omsien. Hy sê hulle moet bure en die polisie vooraf inlig as hulle uitstedig gaan wees.