Onderwysministerie oor noodplan vir efundja  

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, het tydens sy besoek aan die Noorde gesê waarnemings toon dat die regte efundja nog op pad is en dat skerp stygings in watervlakke in die komende dae verwag word. Die Namibiese onderwysministerie het ook op ‘n vloedbeoordeling-sending gegaan. Klasse by ’n paar skole wat in die Ohangwena-streek geraak is, is vir eers opgeskort totdat die situasie normaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, gesels oor wat die noodplan is vir wanneer die regte efundja opdaag.