DA gaan regstappe doen oor Zuma se mediese parool

Die DA gaan regstappe doen vir die hersiening van die besluit om oudpresident Jacob Zuma op mediese parool vry te laat. Partyleier John Steenhuisen sê hulle gaan ‘n hofaansoek indien vir toegang tot die besluitnemingsrekord. Hy sê as dit duidelik is die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, het ‘n hersieningspaneel se besluit verontagsaam, sal ‘n onafhanklike mediese verslag bekom en aan die paroolraad voorsien word, ongeag van die voorlegging van Zuma se eie dokters.