Wêreld-epidemiologiedag vandag herdenk

Ter ere van die wêreld se epidemioloë het die Training Programmes in Epidemiology and Public Health Interventions Network vandag as Wêreld-epidemiologiedag verklaar. Dit is die eerste van sy soort en daarop gemik om erkenning te gee aan en mense bewus te maak van die sogenaamde siekte-speurders. Om die dag te vier, gaan die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes by die netwerk aansluit om hierdie wetenskaplikes se uiters waardevolle werk te vereer. Tot dusver is 98 epidemioloë deur die instituut se opleidingsprogram opgelei en die meeste van hulle werk in die staatsdiens.