Schumacher Bonsmara-veiling op 20 en 21 September

Bank Windhoek bied op 20 en 21 September die Schumacher Bonsmara-veiling in die Agra/Bank Windhoeke-ring in Windhoek aan. Okozonduno Bonsmaras van Vetumbuavi Mungunda is die gasverkoper waar 105 Bonsmaras, 25 bulle en 80 vroulike beeste, onder die hamer sal kom. Boonop kan potensiële kopers vooraf aansoek vir finansiering by Bank Windhoek doen. Bank Windhoek se Bronwyn Moody, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.