Cyril was bewus van miljoene, ‘n maand voor dit gesteel is op Phala Phala

ʼn Soedanese sakeman, Mustaf Mohamed Ibrahim Hazim, het in Desember 2019 sowat 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand in kontant aan ‘n personeellid op Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas oorhandig vir die aankoop van ‘n trop buffels. Dit is volgens Ramaphosa se antwoord op vrae van die kantoor van die Openbare Beskermer. Die geld is op 9 Februarie 2020 gesteel. Die president het bevestig die geld is onder ‘n bankkussing versteek en hy kan ‘n kwitansie vir die kontanttransaksie verskaf. Daar word berig die jongste onthullings bevestig Ramaphosa het meer as ‘n maand voor die diefstal van die geld geweet.