Kunene-inwoners ontvang steeds voedselhulp

Inwoners van die Kunene-streek ontvang tans voedselhulp van die Namibiese regering. Hongersnood in die streek weens droogte is ‘n uitdaging, hoofsaaklik weens die gebrek aan voldoende reën. Die Kunene-streek is geneig tot droogte en dit het sommige boere genoop om duisende van hul beeste na ander streke te verskuif op soek na weiding. Duisende vee en die lewensbestaan van mense in die Kunene-streek, waar die situasie kritiek is, het die gevaar geloop om honger te ly. Dudu Murorua ‘n parlementslid wat ook in die Kunene-streek boer, praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Murorua sê veldbrande is ook vir hulle tot groot kommer, aangesien hulle nie genoeg hulpbronne het om ‘n brand te bestry nie.