Cyril sê vroue-kandidate is bewys van ANC se verbintenis aan geslagsgelykheid

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party se keuse van kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing in November is ‘n belangrike stap in die party se vernuwingsproses. Hy sê dat 46 persent van al die ANC-kandidate vroue is, wat die party se verbintenis tot geslagsgelykheid en die strewe na ‘n nie-seksistiese samelewing bevestig. Hy sê dit is betekenisvol dat 41 plaaslike munisipaliteite tussen 55 en 73 persent vrouekandidate het: