SA se gesondheidsorg verloor N$22 miljard jaarliks oor bedrog, vermorsing

Suid-Afrika se grootste mediese skema vir staatsamptenare sê die land verloor 22 miljard Namibiese dollar per jaar weens bedrog, vermorsing en misbruik in die gesondheidsorgbedryf. Die mediese skema van die staatsamptenare oftewel GEMS het die afgelope jaar bedrog blootgelê waar onder andere apteke met lede en ander verskaffers saamgewerk het om terugbetalings te ontvang. Ishmael Mogapi van die skema sê hulle het tussen Januarie en Augustus elke maand tussen 40 en 60 gevalle ondersoek. Mogapi sê KwaZulu-Natal het die grootste aantal gevalle gehad, gevolg deur Gauteng en Limpopo.