Cyril lei Vryheidsdagvierings by Uniegebou

President Cyril Ramaphosa lei vandag die nasionale Vryheidsdagvierings by die Uniegebou in Pretoria, vir die 30ste herdenking van Suid-Afrika se demokratiese bedeling. Die geleentheid val saam met die 28ste herdenking van die inwerkingtreding van die Grondwet. Die mikpunt met die herdenking is om begrip te verdiep van Suid-Afrika se geskiedenis, om dialoog oor die land se grondwetlike reis te bevorder, en om die regering, belanghebbendes en vennote te verenig in die viering van demokratiese vooruitgang. Die geleentheid gaan die 29 Mei-verkiesing vooraf, en beklemtoon burgerlike betrokkenheid en demokratiese ontwikkeling.