Alcaraz, Sabalenka slaan suksesvol af in Madrid

Tennis: Die verdedigende Madrid Ope-kampioene, Carlos Alcaraz en Aryna Sabalenka, het hulle onderskeie openingswedstryde in die Spaanse hoofstad gewen. Alcaraz, wat vir ‘n maand uit die spel was met ‘n voorarmbesering, het die verdediging van sy titel in sy geboorteland met ‘n oortuigende 6-2, 6-1 teen Alexander Shevchenko van Khazakstan begin. Sabalenka van Belarus het ‘n spannende stryd teen Magda Linette van Pole met 6-4, 3-6, 6-3 oorleef. Alcaraz het die kroon die afgelope twee jaar in Madrid gedra.