Renoster naby Gobabis gestroop

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die Gobabis-polisie opsoek is na ‘n verdagte na ‘n renoster gestroop is op ‘n privaatplaas. Die saak is Maandag geopen. Volgens Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, word inligting nog bymekaar gemaak maar dit wil voorkom asof dit ‘n witrenoster was. Die ministerie het op 1 April gesê dat 28 renosters sedert Januarie in die land gestroop is met 19 van die diere, wat in die Etosha Nasionale Park gedood is.