Cran staak verpligte biometriese data vir Simkaart-registrasie

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het telekommunikasie-operateurs beveel om die verpligte vaslegging van biometriese data vir Sim-kaartregistrasie-doeleindes te staak. Volgens Cran is hierdie besluit geneem in reaksie op voortdurende klagtes van die publiek en media oor die praktyk wat deur sommige selfoon-operateurs gebruik word wat biometriese data tydens die Simkaart-registrasieproses versoek het, ten spyte van die afwesigheid van ‘n raamwerk vir data-beskermingswetgewing.