Regter Molemela is nuwe president van die Appèlhof

President Cyril Ramaphosa het vir regter Mahube Betty Molemela as die president van die Appèlhof aangestel, vanaf die eerste van volgende maand. Sy het ‘n roemryke loopbaan van langer as 15 jaar, en bring ‘n magdom ervaring na die amp. Die aanstelling is gedoen in oorleg met die Regterlike Dienskommissie en leiers van partye in die Nasionale Vergadering. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die aanstelling is ‘n belangrike mylpaal.