Cran plaas moratorium op nuwe lisensies

Die Namibiese Kommunikasie-owerheid, Cran, sê hy staak eers die toekenning van lisensies as gevolg van onmededingende gedrag in die bedryf. Die owerheid se hoof uitvoerende beampte Emilia Nghikembua sê dominante besighede in die bedryf gedra hulle nie, sowel as die weiering deur sommige rolspelers om infrastruktuur te deel en ‘n algemene afname in ekonomiese welvaart, het die besluit genoodsaak. Sy sê die nuwe tendens is vir lisensies om uitgereik te word en dan as die heffings en fooie betaalbaar is dan word die lisensie onttrek. Sy voeg by daar is tussen 15 en 20 nuwe aansoeke ontvang. Die moratorium vir nuwe lisensies sal op 1 Oktober intree en duur tot 30 September volgende jaar.