ActionSA gaan hof toe oor Julius-vrywaring

ActionSA in die buurland sê hy gaan die hooggeregshof nader om die parlement se gesamentlike komitee oor Etiek en Ledebelange se besluit om Julius Malema vry te spreek, te hersien. Die EFF-leier is aangekla oor opmerkings wat onwettige immigrasie aanmoedig. Malema het in Januarie verlede jaar buitelandse burgers aangemoedig om Suid-Afrika op kreatiewe manier binne te kom. ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die feit dat ‘n komitee van die Nasionale Vergadering bevind het hierdie opmerkings is oop vir interpretasie, is belaglik. Hy sê die enigste afleiding wat gemaak kan word, is dat Malema deur parlementêre instellings beskerm word.