WGO sê oorgang na skoner energie is krities

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê energie-uitdagings wêreldwyd beklemtoon die belangrikheid van ‘n vinnige oorgang na skoner, gesonder energiestelsels. Bykans 99 persent van die wêreldbevolking asem lug in wat die organisasie se luggehalte-perke oorskry en hul gesondheid bedreig. Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die hoë pryse van fossielbrandstof, energiesekerheid, en die noodsaaklikheid om aandag te gee aan twee belangrike gesondheidskwessies, lugbesoedeling en klimaatverandering, beklemtoon die dringende behoefte aan ‘n wêreld wat baie minder van fossielbrandstof afhanklik is.