Covid sal nie Ramaphosa onderkry nie – SA parlement

Die Suid-Afrikaanse parlement se voorsittende beamptes sê hulle is bemoedig deur President Cyril Ramaphosa se positiewe ingesteldheid. Hy is tans in self-isolasie in Kaapstad is nadat hy positief getoets het vir Covid-19. Die parlementêre woordvoerder Moloto Mothapo sê Ramaphosa tref alle nodige voorsorgmaatreëls om die infeksie te oorwin, en gaan voort om hom te beywer vir die veldtog om alle Suid-Afrikaners in te ent en alle Covid-19-veiligheidsprotokolle na te kom: