Kus-besighede is versigtig optimisties vir feesseisoen

Swakopmund-besigheidseienaars is versigtig optimisties oor ‘n uiters besige feesseisoen wat verwag word. Oor die afgelope paar dae is ‘n skerp styging in Covid-gevalle waargeneem wat weer tot vrees vir inperkings en kansellasies lei. Die kusdorpe word elke dag besiger en daar word gehoop dat dit nog besiger sal word. Anton von Wietersheim, ‘n bekende sakeman op Swakopmund sê aan Kosmos 94.1 Nuus die verwagtinge is groot, maar vrese bestaan wel.