Israelse premier besoek VAE

Israel se eerste minister, Naftali Bennett, het Abu Dhabi se kroonprins ontmoet tydens die eerste besoek deur ‘n leier van die Joodse staat aan die Verenigde Arabiese Emirate. Kroonprins Sheikh Mohammed bin Zayed Al-Nahyan het hom by sy paleis ontvang. Die besoek volg 15 maande nadat die welvarende Emirate ná dekades Arabiese konsensus verbreek het en diplomatieke bande gesmee het. Bennett sê sy reis weerspieël ‘n “nuwe werklikheid” vir die Midde-Ooste.