Cyril vra politieke partye om saam te werk vir KZN

President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op die parlement en die verkose verteenwoordigers van die onderskeie politieke partye om saam te werk. Dit is om die vloedslagoffers in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Noordwes en die inwoners van Kaapstad wat geraak is deur die brand in Langa, te help om hulle lewens te herbou. Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse volk se veerkragtigheid was nog altyd sy skild, en sy vermoë om saam te staan in krisistye is sy grootste bron van krag: