Covid kniehalter landbou in SA

Die landboubedryf in Suid-Afrika beleef sedert die begin van die Covid-19-pandemie ‘n afname in landbou-bedrywighede. Die Mededingingskommissie se jongste verslag oor die monitering van pryse van noodsaaklike voedsel fokus op die uitwerking van Covid-19 op voedselmarkte in Suid-Afrika. Klein- en opkomende boere word meestal geraak deur ‘n gebrek aan finansiering, infrastruktuur, toegang tot markte, swak opbrengs, lae produktiwiteit, en ‘n stryd om hul boerdery te laat groei. Die kommissie sê daar is steeds kommer oor die land se voedselmarkte en verwante waardekettings.