Curriebeker: Marius van der Westhuizen blaas Saterdag

Marius van der Westhuizen sal Saterdag die fluitjie blaas in die Curriebeker-eindstryd tussen die Bulle en die Haaie wat vyfuur op Loftus Versfeld in Pretoria afskop. Dit is Van der Westhuizen se tweede Curriebeker-eindstryd nadat hy in 2019 skeidsregter was toe die Cheetahs die Leeus in Bloemfontein afgeransel het. Hy word weerskante van die veld bygestaan deur AJ Jacobs en Aimee Barrett-Theron, terwyl Stuart Berry die TV-skeidsregter is.