Covid het Namibiërs verenig

Die afgelope jaar was uiters moeilik vir Namibiese besigheidseienaars en families. Die derde vlaag van Covid, wat in die winter vanjaar na vore getree het, het talle sterftes veroorsaak en die land se gesondheidsektor lamgelê. Maar, daar is ook sommiges wat meen dat die pandemie Namibiërs verenig het. Fritz Kaufmann, wat saam met die besigheidsmense Jürgen Hecht en Pieter Senekal die Covid Warriors groep gestig het, sê dit was ‘n eer vir hom om medici en lede van die publiek te kon bystaan.