Kunene moet sy mense betaal, geld is reeds beskikbaar – ministerie

Die Namibiese ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het skerp gereageer op berigte dat salarisse nog nie by die Kunene-streeksraad betaal is nie omdat die hoof streeksbeampte, George Kamseb, verbied is om salarisse af te teken. Volgens die verklaring is die fondse vir die salarisse reeds op 21 Desember oorgedra en die plig van betaling lê by die streeksraad self, en nie die ministerie nie. Die ministerie sê verder die streeksraad het die besluit op 14 Desember geneem dat die hoof streeksbeampte, Kamseb, se salarisnommer eers deur die ministerie verskaf moet word voor enige ander personeellid betaal word. Die ministerie sê dus daar is geen dispuut oor die ander personeel se salarisse nie en dat hulle hande afgekap is. Die ministerie daag net Kamseb se aanstelling uit en herinner die streeksowerheid daaraan dat dit onwettig is om nie salarisse te betaal nie.