Covid-gevalle neem skerp onder leerders in SA toe

Nadat die Namibiese gesondheidministerie vandag positiewe Covid-gevalle van 18 leerders en twee onderwysers aangekondig het, het verskeie skole in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap gesluit nadat Covid-19-infeksies onder leerders skerp toegeneem het. Die onderwysers-vakbond Sadou sê dis nie verbasend nie, gesien in die lig van die onlangse vermindering in sosiale afstand van een meter tot ‘n halwe meter en die aantal oorval klaskamers in landelike gebiede. Sadou se adjunk-hoofsekretaris, Nkosana Dolopi, sê die regering was bewus van die risiko’s toe daar besluit is om leerders voltyds terug te stuur skool toe.