‘Buitelandse moondhede onsuksesvol om beheer oor Afghanistan-gebied te neem’

‘n Politieke kenner het gereageer op die situasie in Afghanistan. Chaos heers op Kabul se lughawe nadat honderde mense vliegtuie bestorm het om te vlug. Vyf mense het volgens internasionale nuusagentskappe gesterf. Dit volg nadat die Taliban bekend gemaak het hulle het beheer oor die land oorgeneem en die oorlog is verby. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vergader later vandag om die situasie in Afghanistan te bespreek. Politieke analis professor Andre Duvenhage sê buitelandse moondhede was onsuksesvol om beheer oor dié gebied te neem. Hy verduidelik.

Hy deel sy mening oor watter lesse Afrika uit hierdie chaos kan leer.