Nuwe vervoervakbond gestig

‘n Nuwe vervoervakbond, genaamd die Namibia Revolutionary Transport Union oftewel Naretu, is vandag in die hoofstad gestig wat ten doel het om die regte van werkers in die vervoer en logistieke bedryf te bevorder. Naretu se hoof, Petersen Kambinda, het gesê die vakbond is gestig om die regte, belange en eer van werkers in hierdie sektor te beskerm. Hy sê vir te lank is diegene wat vir hulp vra, nie gehoor nie.