Covid-19 syfers daal skerp in Namibië

Dit wil voorkom asof Covid verby is in Namibië. In die jongste verslag deur die gesondheidsministerie is daar 18 gevalle uit 530 toetse bevestig, ‘n positiewe koers van 3,4 persent. Daar is een gesondheidswerker onder die groep. Aktiewe gevalle staan tans op 420 met 30 gevalle in die hospitaal en tien in hoësorg. Net meer as 28 persent van die teikenbevolking is ingeënt.