COP26 bereik nie 1,5 grade-teiken nie

Klimaatsverandering is steeds in die nuus met die tweede en laaste week van COP26 wat tans in Glasgow in Skotland plaasvind. Volgens die jongste berigte het beloftes en ondernemings deur lande wat aan die beraad deelneem, tot dusver gemaak is, nie die teiken van ‘n maksimum verwarming van 1,5 grade Celsius gehaal nie. Sou hulle almal hul beloftes nakom, sal die aarde met 2,4 grade warmer word teen 2100. Intussen word daar verdoemende voorspellings vir Namibië gemaak, sou die aarde met 1,5 grade warmer word. Namibiese reënvalsyfers sal met 4 persent daal en die land sal ook warmer word, met ’n gemiddeld van 4 grade Celsius. Verdamping sal van 4 persent na 10 persent toeneem. Dr. Chris Brown, die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing het onlangs ook gesê dat beesproduserende gebiede in die land sal krimp en dat mahangu nie in die Noorde meer geplant sal kan word nie.