VulPro bring aasvoëls, vanaf die VSA, tuis

Aasvoëls van ‘n dieretuin in die VSA het ná jare se beplanning ‘n nuwe tuiste saam met ander aasvoëls by die organisasie VulPro se reddingsentrum in Scheerpoort in Noordwes gekry. Die stigter van VulPro, Kerri Wolter, sê die voëls sal hier die geleentheid kry om te paar en te broei. Kleintjies sal dan in die natuur vrygelaat word. Wolter voeg by die vennootskap met die Detroit-dieretuin is die eerste van sy soort, en ‘n reuse-stap vorentoe vir wildlewebeskerming: